Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Mesaanval in Japan: Man teiken kinders by bushalte

Minstens een leerling van 'n private Katolieke skool in Japan is dood en 12 ander leerlinge beseer toe 'n man hulle Dinsdag met messe by 'n bushalte aangeval het.

Die voorval het in Kawasaki-stad, suid van Tokio, gebeur.

japan
Die man het volgens getuies 'n mes in elke hand gehad. Foto: Reuters

Die meisie wat gesterf het en van die ander beseerdes is omtrent ses of sewe jaar oud.

Die aanvaller, wat vermoedelik tussen 40 en 50 is, het homself daarna met die mes in die nek gesteek.

Die polisie het hom in hegtenis geneem, maar hy het kort daarna gesterf.

Volgens die reddingsdienste is altesaam 19 mense beseer.

'n Beampte by 'n plaaslike hospitaal sê vyf van die beseerdes is na hul hospitaal gebring en vier is in 'n ernstige toestand.

Volgens ooggetuies het die man met 'n mes in elke hand die kinders wat by die halte gewag het, aangeval en daarna ander mense op 'n bus. – Reuters

japan
Reddingswerkers was Dinsdag op die toneel nadat 'n man mense by 'n bushalte in Kawasaki-stad met messe aangeval het. Foto: Reuters

Meer oor:  Tokio  |  Japan  |  Beseerdes  |  Aanval  |  Beseer  |  Mes  |  Dood  |  Gesteek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.