Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Man skree ‘Allahoe akbar’ voor hy vrou in kerk onthoof

’n Man met ’n mes het “Allahoe akbar” (Allah is die Allerhoogste) geskree voordat hy Donderdag ’n vrou onthoof en twee ander mense in ’n kerk in die Franse stad Nice doodgemaak het.

Die polisie het in ’n afsonderlike voorval naby die stad Avignon ’n man doodgeskiet wat ’n vuurwapen rondgeswaai het.

Volgens die radiostasie Europa 1 het dié man ook “Allahoe akbar” geskree toe hy mense enkele ure ná die aanval in Nice op straat in Montfavet naby die suidelike Franse stad Avignon met ’n pistool gedreig het.

Die staatstelevisiediens in Saoedi-Arabië het intussen ook berig dat ’n Saoedi in die stad Jedda aan die Rooi See in hegtenis geneem is nadat hy ’n wag by die Franse ambassade met ’n mes gesteek het.

Die ambassade het later gesê die wag is in die hospitaal en sy lewe is nie in gevaar nie.

Die burgemeester van Nice, Christian Estrosi, het die aanval van Donderdag vergelyk met die onthoofding vroeër vandeesmaand van Samuel Paty, ’n onderwyser, naby Parys. Hy is aangeval nadat hy tekenprente van die profeet Mohammed by die skool aan leerlinge gewys het.

Die aanvalle Donderdag kom te midde van die verjaardagvierings van die profeet Mohammed, betogings in Moslemlande en toenemende woede oor Frankryk se verdediging van die publisering van tekenprente van die profeet.

Polisiebeamptes buite die kerk in Nice, Frankryk, waar ’n man drie mense met ’n mes om die lewe gebring het. Foto: Reuters

Ná die aanval in Nice het die Franse premier, Jean Castex, die land op die hoogste veiligheidgereedheidsvlak geplaas en gesê die regering sal ferm en onverbiddelik reageer.

Volgens Estrosi het die aanvaller in Nice herhaaldelik “Allahoe akbar” geskree, selfs nadat polisielede hom vasgetrek het.

“Die polisie het hom geskiet terwyl hy onder bedwang gebring is. Hy is op pad hospitaal toe en lewe,” het Estrosi gesê.

Joernaliste van Reuters het op die toneel gesê die polisie, wat met outomatiese gewere gewapen was, het ’n kordon om ’n kerk in Jean Medecin-laan aangebring. Verskeie ambulanse en brandweervoertuie was op die toneel.

Die polisie het bevestig dat drie mense in die aanval gesterf het en talle ander beseer is.

Volgens ’n polisiebron is ’n vrou onthoof. Die Franse verregse politikus Marine Le Pen het ook na die onthoofding in die aanval verwys.

Die Russiese regering het Donderdag oor die gebeure in Frankryk gesê dit is onaanvaarbaar om mense dood te maak, maar ook verkeerd om die geloofsoortuigings van ander te beledig.

Turkye, Brittanje, Nederland, die Vatikaan en die Europese Kommissie het die aanval in Nice veroordeel.– Reuters

https://www.reuters.com/article/us-france-security-nice/three-dead-as-woman-beheaded-in-france-gunman-killed-in-second-incident-idUSKBN27E17D

Meer oor:  Frankryk  |  Terreur In Europa  |  Onthoof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.