Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Man van SA dood in vliegongeluk in Dubai

’n Suid-Afrikaanse burger tel onder vier mense wat Donderdag hul lewe verloor het toe ’n Diamond DA62-vliegtuig naby die Dubai Internasionale Lughawe neergestort het.

ArabNews berig die vliegtuig het sowat 5 km van die lughawe af geval.

Die ander slagoffers is drie Britse burgers.

Volgens Dubaise owerhede is die ongeluk die gevolg van meganiese probleme. Die internasionale lughawe in Dubai moes weens die ongeluk vlugte tussen 19:36 en 08:22 (Dubaise tyd) opskort. Dié lughawe is die besigste ter wêreld wat internasionale vlugte betref.

Die identiteit van die oorlede Suid-Afrikaner is nog onbekend.

Meer oor:  Dubai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.