Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Man van SA raakgery by Dakar-tydren
Dakar-tydren
Andrey Karginov van Rusland en sy vragmotor (links) is uit die Dakar geskop omdat hy nie stilgehou het nie toe hy 'n Suid-Afrikaanse toeskouer tydens die Dakar-tydren raakgery het. Foto: Getty Images

Die voorloper in die afdeling vir vragmotors in die Dakartydren is Vrydag geskors nadat hy versuim het om stil te hou nadat hy ’n Suid-Afrikaner raakgery het.

Die organiseerders van die wedren sê in ’n amptelike verklaring op sosiale media die 60-jarige Suid-Afrikaner het langs ’n gedeelte van die baan gestaan wat nie vir toeskouers afgemerk is nie.

Andrey Karginov, deelnemer nr. 518, het versuim om stil te hou.

Dakar
Dakar

Die voorval het in die vyfde been op 279 km van die SS-gedeelte van die tydren gebeur.

Die organiseerders sê Karginov is deur die skeidsregters skuldig bevind dat hy versuim het om by ’n ongelukstoneel stil te hou en hy is uit die tydren geskors.

Die man het sy bobeen gebreek en is deur ’n mediese span op die toneel behandel voordat hy na die lughawe in Ilo vervoer is.

Van daar is hy per lugambulans na ’n hospitaal in Arequipa gebring.

Die organiseerders het ’n beroep op toeskouers gedoen om in die afgesperde gebiede te bly.

Op sosiale media was mense meestal ontstoke oor Karginov se skorsing en meen hy het dalk nie besef hy het iemand raakgery het.

Suid-Afrikaners het ook die draak met hul landgenoot gesteek en gesê dit is net ’n Suid-Afrikaner wat sulke skandes sal maak.

Kyk die video van die ongeluk hier: https://youtu.be/T433NVYzHLs?t=304

Meer oor:  Dakar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.