Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Man vas ná 2 skilderye gesteel is

Die polisie in Nederland het ’n verdagte in hegtenis geneem vir die diefstal van waardevolle kunswerke in 2019.

Die 58-jarige man word daarvan verdink dat hy peperduur skilderye van Vincent van Gogh en Frans Hals by twee verskillende museums gebuit het.

Maren Wonder, polisiewoordvoerder, sê die man is by sy huis in die dorp Baarn, 40 km suidoos van Amsterdam, aangekeer. Sy naam is nog nie bekend gemaak nie.

“Ongelukkig het ons nog nie die skilderye gekry nie en die ondersoek duur voort,” sê Wonder.

Vincent Van Gogh se “The Parsonage Garden at Nuenen in Spring 1884” wat in 2020 uit die Singer Laren-museum gesteel is.Foto: AP

Van Gogh se Die pastorietuin by Nuenen in lente 1884 is op 30 Maart 2020 uit die Singer Laren-museum gesteel. Die mu­seum was ten tyde van die diefstal gesluit ingevolge inperkingsmaatreëls wat met die Covid-19-pandemie gepaardgaan.

Esther Driessen, woordvoerder van Singer Laren, het die inhegtenisneming verwelkom.

Frans Hals se kunswerk Twee laggende seuns is vyf maande ná die Van Gogh-skildery uit die Hofje van Mevrouw van Aerden-museum gesteel.

In 1988 is dieselfde kunswerk van Hals uit die museum gesteel asook een van Jacob van Ruisdael. Die kunswerke is drie jaar later teruggevind.

In 2011 is dieselfde twee kunswerke gesteel en ses maande later weer opgespoor. Die polisie is vol moed dat dit ook nou die geval sal wees. – AP

Meer oor:  Nederland  |  Gesteel  |  Aangekeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.