Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Man wat pypbomme aan Demokrate stuur 20 j. tronk toe

Die man wat pypbomme na vooraanstaande Demokrate in Amerika gestuur het omdat hulle pres. Donald Trump kritiseer, is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.

Cesar Sayoc (57) van Florida het begin huil toe regter Jed Rakoff sy vonnis uitlees. Hy het skuld beken op onder meer aanklagte van die gebruik van wapens van massavernietiging.

Die aanklaer het gevra vir lewenslange tronkstraf en die verdediging vir tien jaar. Hulle het aangevoer Sayoc het weens die gebruik van sterk steroïede in die tyd toe hy die misdade gepleeg het, paranoïes en waansinnig geword.

Hy het ook sy hele lewe leerprobleme gehad omdat hy as kind sosiaal afgesonder en mishandel is. Hy het Trump as ’n “vaderfiguur” gesien en Sayoc se verdedigingspan glo “die president se retoriek” het tot sy optrede bygedra.

Net voor sy vonnisoplegging het Sayoc gesê: “Ek is baie jammer oor wat ek gedoen het.”

Sayoc het pype vol springstof met drade aan en horlosies met gestelde alarms aan 16 teikens gestuur, onder andere oudpres. Barack Obama, Hillary Clinton, oudminister van buitelandse sake, senators Cory Booker en Kamala Harris, die miljardêr George Soros, John Brennan, oudhoof van die CIA, die akteur Robert de Niro en aan CNN.

Al die toestelle is gevind. Ondersoekers sê nie een van die toestelle het ’n ontploffingsmeganisme gehad nie en sou dus nie ontplof het nie.

Rakoff het gesê Sayoc het sy teikens gehaat, maar wou hulle nie werklik doodmaak nie. – Reuters

Meer oor:  Donald Trump  |  Vonnisoplegging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.