Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Man wat SA dokter glo vermoor, mag aangekla word

’n Man van Red Deer in Kanada wat daarvan beskuldig word dat hy ’n Suid-Afrikaans gebore dokter vermoor het, is volgens ’n psigiatriese toets toerekeningsvatbaar.

Die Red Deer Advocate berig regter Bert Skinner het verlede maand gevra dat Deng Mabiour (54) getoets word ná ’n bisarre hofverskyning.

Mabiour word daarvan aangekla dat hy dr. Walter Reynolds, oorspronklik van Wierdapark in Centurion, vermoor het.

Reynolds het ten tyde van sy dood al sowat 15 jaar in Kanada gewoon.

Die Suid-Afrikaans gebore dr. Walter Reynolds is op 10 Augustus by ’n kliniek in Red Deer in Kanada vermoor.

Mabiour het die regter by sy vorige hofverskyning op 9 September herhaaldelik onderbreek en geëis dat hy hom moet vra waarom hy sy huisdokter vermoor het.

Die regter het Mabiour aangemoedig om ’n prokureur te kry, wat hy van die hand gewys het.

“Ek kan myself verteenwoordig,” het Mabiour toe gesê. “Ek wil asseblief nie ’n prokureur hê nie. Ek wil die kans kry om te praat oor die rede waarom ek my huisdokter vermoor het.”

Mabiour het Woensdag in die hof verskyn deur middel van ’n videoskakel na die Red Deer-aanhoudingsentrum.

Regter Gordon Yake van die provinsiale hof in Red Deer het gesê ’n brief en verslag is die vorige dag van ’n psigiater ontvang wat aandui dat Mabiour voldoen aan die kriteria om as toerekeningsvatbaar beskou te word.

Volgens Global News  is die 45-jarige Reynolds, ’n pa van twee kinders, op 10 Augustus met ’n wapen aangeval by die kliniek waar hy gewerk het. Hy is later in die hospitaal dood.

’n Getuie het aan joernaliste gesê dat sy in die wagkamer was toe sy die dokter om hulp hoor roep het en dat ’n man in die kliniek ’n hamer en ’n kapmes by hom gehad het.

Die Observer berig dat Mabiour oorspronklik van die suide van Soedan afkomstig is.

Mabiour word ook van aanranding met ’n wapen en die aanranding van ’n polisielid aangekla.


Meer oor:  Vermoor  |  Kanada
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.