Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Man wat SA dokter glo vermoor vir nog toetse gestuur
Deng Mabiour word op 10 Augustus in hegtenis geneem. Foto: Facebook

’n Regter in Alberta, Kanada, het Maandag die vermeende moordenaar van ’n Suid-Afrikaans gebore huisdokter vir verder psigiatriese ondersoek gestuur.

Ottawamatters berig dat Deng Mabiour daarvan aangekla word dat hy verlede maand dr. Walter Reynolds by ’n instapkliniek in Red Deer, Alberta, vermoor het.

Regter Bert Skinner sê Mabiour gee nie sy volle samewerking aan personeel by die psigiatriese sentrum in Calgary nie en dat nog 30 dae nodig is om die toetse te voltooi.

Mabiour het aan die hof gesê hy is van plan om homself te verteenwoordig.

Die 54-jarige Mabiour het met sy vorige hofverskyning verlede week die regter gevra waarom hy nie by hom wou uitvind hoekom hy sy huisdokter vermoor het nie.

Volgens lethbridgenewsnow is Reynolds, ’n 45-jarige man en pa van twee kinders, met ’n wapen aangeval terwyl hy in die kliniek gewerk het. Hy is later in die hospitaal dood.

Toe Skinner Maandag versoek dat Mabiour vir regshulp aansoek doen, het hy weer aan die hof gesê dat hy nie ’n prokureur wil hê nie.

“Waarom moet regshulp my verteenwoordig?” wou Mabiour weet. “Die hof in Kanada sluit mense toe. Daarom moet ek myself verteenwoordig. Ek wil nie deur dom regshulp verteenwoordig word nie,” het hy gesê.

cbc.ca berig Mabiour, oorspronklik van Soedan, word ook aangekla van aanranding met ’n wapen en die aanranding van ’n polisiebeampte. Hy het nie ’n misdaadrekord nie.

Toe hy op 12 Augustus vir die eerste keer in die hof verskyn, het hy verward voorgekom en gesê: “Luister na my. Ek onthou niks nie omdat ek siek is. Ek wil ’n dokter hê.” Die saak is Maandag tot 14 Oktober uitgestel.

Meer oor:  Walter Reynolds
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.