Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Masels-uitbreking in New York

’n Mediese noodtoestand weens die uitbreek van masels is in dele van Brooklyn in New York aangekondig.

Dit is die grootste uitbreking van masels sedert 1991, maar dit is meestal tot die ortodokse Joodse gemeenskap in Williamsburg, Brooklyn, beperk.

Altesame 285 voorvalle is reeds sedert Oktober aangemeld, het Bill de Blasio, New York se burgemeester, Dinsdag op ’n nuuskonferensie gesê.

Die mediese noodtoestand behels dat diegene wat in die gebied woon en nog nie teen masels ingeënt is nie onmiddellik die inenting moet kry of beboet word.

Masels versprei vinnig en kan dodelik wees, maar volgens gesondheidsbeamptes is geen sterftes nog bevestig nie.

Die uitbreking in Brooklyn is deel van ’n groter voorkoms van masels in Amerika, waar 465 voorvalle reeds vanjaar in 19 deelstate aangemeld is, volgens die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer.

Amptenare van die New Yorkse departement van gesondheid sal elkeen wat in kontak was met iemand wat masels onder lede het se inentingsrekord nagaan, sê die departement. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.