Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Masels-uitbreking nou wêreldwyd

Masels het in die eerste drie maande vanjaar met 300% wêreldwyd toegeneem teenoor dieselfde tyd verlede jaar, sê die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).

Die WGO het ook sy kommer uitgespreek oor veldtogte wat veral op sosiale media gevoer word teen die inenting van babas.

An illustration provides a 3D graphical representa
'n 3D-voorstelling van die masels-virus. Foto: Reuters

Masels, wat hoogs aansteeklik is, kan heeltemal voorkom word deur twee dosisse entstof, berig The Guardian.

Die toename van 300% volg op toenemende getalle oor die laaste twee jaar, sê die WGO in ’n verklaring.

Talle lande sit op die oomblik met redelike groot maselsuitbrekings. Die WGO glo dat net een uit tien gevalle van masels aangemeld word, dus is die situasie erger as wat dit lyk.

Die siekte veroorsaak dat baie mense doodgaan, veral jong kinders, berig Health24.

Lande wat op die oomblik onder masels deurloop, is die Demokratiese Republiek van die Kongo, Ethiopië, Georgië, Kazachstan, Kirgistan, Madagaskar, Mianmar, die Filippyne, Soedan, Thailand en die Oekraïne.

Altesame 170 lande het 112 163 gevalle aangemeld. Die siekte het die meeste in Afrika gestyg, naamlik met 700% en daarna Europa met 300%. Die toename in die Oostelike Mediterreense gebied is met 100%, die Amerikas met 60% en in Suidoos-Asië met 40%.

Die uitbreking is die ergste in Madagaskar waar 69 000 gevalle aangemeld is. Meer as 1 200 is al dood, maar die WGO sê ’n inentingsveldtog daar begin nou vrugte afwerp, berig Global News.

Masels het in 2017 byna 110 000 mense se dood veroorsaak. Dit is die laaste syfers wat die WGO beskikbaar het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.