Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
May, Corbyn nog haaks oor doeane-ooreenkoms

Theresa May, premier van Brittanje, en Jeremy Corbyn, opposisiepartyleier, sit vas oor ’n toekomstige doeane-ooreenkoms en daar word geen noemenswaardige vordering met ’n Brexit-ooreenkoms gemaak nie.

May het van die begin af die idee verwerp om nie deel te bly van ’n doeane-unie met die Europese Unie (EU) nie en bly by haar standpunt.

Corbyn en sy Arbeidersparty dring aan op ’n “permanente en omvattende doeane-unie vir die hele Brittanje”.

theresa may
Theresa May, Britse premier. Foto: Getty Images

Die EU het May aangepor om die Arbeidersparty se kompromis te aanvaar eerder as om voort te ploeg met haar voorkeuropsie om haar eie verdeelde party weer agter haar te verenig deur die klousule in die bestaande Brexit-ooreenkoms oor Noord-Ierland se grens te heronderhandel.

May het dit Sondag in ’n geskrewe antwoord aan Corbyn gesê dat sy nie die kans dat Brittanje sy eie handelsooreenkomste wêreldwyd kan sluit, wil opgee en só die risiko loop om haar party nog verder te versplinter nie.

Sy skryf: “Ek verstaan nie hoekom jy glo dit sal beter wees om ’n sê te hê in toekomstige EU-handelsooreenkomste eerder as om ons eie ooreenkomste te kan sluit nie?”

May en haar regering het herhaaldelik gesê lidmaatskap van ’n doeane-unie sal voorkom dat die land sy eie onafhanklike handelsbeleid kan hê – iets wat hulle glo een van die grootste ekonomiese voordele is om die EU te verlaat.

Sy het hoegenaamd nie toegegee op die hoofpunt waaroor hulle verskil nie.

May se enigste ander opsie is om die onwillige EU te probeer oortuig om weer na die Ierse agterdeur te kyk: ’n beleid om op terug te val om te voorkom dat daar weer grensposte tussen die Brits beheerde Noord-Ierland en die EU-lid Ierland kom sou daar nie ooreengekom word op ’n langtermyn-handelsooreenkoms nie.

May het Dinsdag aan haar topspan van ministers gesê die onderhandelinge met die Arbeidersparty oor Brexit is “ernstig, en moeilik op sommige gebiede”, sê haar woordvoerder.

Die woordvoerder sê daar is geen vasgestelde sperdatums vir die voltooiing van die onderhandelinge met die Arbeidersparty nie, maar May het wel aan die kabinet gesê vooruitgang is dringend nodig om Brexit af te handel. – Reuters

Meer oor:  Jeremy Corbyn  |  Theresa May  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.