Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
May het Japan se ‘volle ondersteuning’ sê staatshoof

Die Britse premier het sy volle ondersteuning.

So het Shinzo Abe, Japan se president, oor Brexit gesê tydens’n gesamentlike nuuskonferensie met Theresa May van Brittanje. Abe was op besoek aan Brittanje.

Die BBC berig dat in Abe se woorde die hele wêreld wil hê Brittanje moet ’n harde Brexit (om sonder ’n ooreenkoms van die Europese Unie weg te breek) vermy. Hy het ook sy volle ondersteuning aan May aangebied vir die wegbreek-ooreenkoms wat sy beding het en waaroor lede van die Britse parlement eerskomende Dinsdag stem.

Volgens May bied Brittanje se wegbreek van die Europese Unie “ ’n ongekende geleentheid” vir die twee lande om hul bande te versterk.

Shinzo Abe, Japan se president, gedurende ’n gesamentlike nuuskonferensie met die Britse premier, Theresa May, Donderdag tydens ’n besoek aan Londen. Foto: Getty Images

Volgens Business Insidersukkel May om ondersteuning vir haar Brexit-ooreenkoms van konserwatiewe parlementslede te verkry met die verwagting dat meer as honderd op 15 Januarie daarteen gaan stem.

“Japan wil ’n sterk verhouding met die Verenigde Koninkryk ontwikkel, meer in die land belê en verdere ekonomiese groei geniet,” het Abe gedurende die nuuskonferensie gesê.

May het sy opmerkings verwelkom en die geleentheid gebruik om parlementslede te versoek om haar ooreenkoms te ondersteun. “Die enigste manier om ’n geen-ooreenkoms te vermy is om ’n ooreenkoms te bereik,” het sy gesê.

Abe is bekommerd oor die chaotiese impak wat ’n geen-ooreenkoms op die duisend Japanse maatskappye sou hê wat tans in die Verenigde Koninkryk sakebelange het.

Volgens Politics Home het die Japanse staatshoof Brittanje as die “deurgang na die Europese mark” beskryf. Hy het bygevoeg dat Japanse maatskappye sowat 150 000 werksgeleenthede in Brittanje geskep het.

Meer oor:  Theresa May  |  Shinzo Abe  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.