Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
May maak kommer oor lening ná Brexit af

Brexit sonder ’n ooreenkoms met die Europese Unie (EU) “sal nie die einde van die wêreld” wees nie, het Theresa May, die Britse eerste minister, Dinsdag gesê.

Sy het in Kaapstad aangekom op haar besoek van vyf dae aan Suid-Afrika, Nigerië en Kenia om handelsbetrekkinge met die lande ná Brexit te bevorder, berig die BBC.

Theresa May, eerste minister van Brittanje. Foto: Neil Hall / Reuters

Sy het Philip Hammond, Britse minister van finansies, se waarskuwing dat £80 miljard geleen sal moet word as Brexit sonder ’n goeie ooreenkoms met die EU plaasvind, afgemaak as onbelangrik, berig The Guardian.

Volgens haar sal Brittanje se uittrede uit die EU sonder ’n ooreenkoms nie maklik wees nie, maar die land se ekonomie kan goed vaar indien ’n “bevredigende egskeiding” onderhandel kan word.

Die Britse regering tref volgens haar die nodige reëlings om ’n sukses van Brexit te maak, selfs sonder ’n ooreenkoms, berig SkyNews.

May het benadruk dat sy Brittanje eerder sonder ’n ooreenkoms uit die EU sal neem as om ’n ooreenkoms te sluit waarmee sy nie tevrede is nie. “Ek het van die begin af gesê dat geen ooreenkoms beter is as ’n swak ooreenkoms.”

May het vroeër in ’n verklaring gesê Brittanje se doelwit nadat hy die EU in Maart volgende jaar verlaat, is om wêreldwye vennootskappe te versterk.

“Ek sien uit daarna om te bespreek hoe ons dit saam met Afrika kan doen sodat belangrike beleggings gemaak kan word en werk geskep kan word, en ook om deurlopend saam te werk om stabiliteit en sekerheid te behou.”

Meer oor:  Philip Hammond  |  Theresa May  |  Brittanje  |  Kaapstad  |  Brexit  |  Eu  |  Lening  |  Staatsbesoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.