Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
May moet opvolger ‘nie aan dié soort ooreenkoms bind’

Theresa May, Britse premier, is onder groot druk van haar Konserwatiewe Party om op te hou om ’n Brexit-ooreenkoms met die Arbeidersparty te probeer bereik.

Altesaam 13 van haar kabinetskollegas voel sy gaan net haar opvolger opsaal met ’n ooreenkoms wat op sy beste tydelik en op sy slegste net vir die skyn is.

In ’n brief vra die 13, plus Graham Brady, voorsitter van die 1922-komitee van Konserwatiewe parlementslede, dat May nie moet toegee aan die Arbeiders se eis dat Brittanje ná Brexit in die doeane-unie van die Europese Unie moet bly nie.

“Jy sal die lojale middelgroep van die Konserwatiewe Party verloor, jou party laat skeur en waarskynlik niks hê om daarvoor te wys nie,” lui die brief volgens The Times, berig Reuters.

“Geen leier kan sy of haar opvolger bind aan so ’n ooreenkoms wat ten beste tydelik is en op sy slegste net vir die skyn is nie.”

Die brief is onderteken deur Gavin Williamson, oudminister van verdediging wat vroeër die maand afgedank is oor die uitlek van inligting uit ’n geheime vergadering, en Boris Johnson, oudminister van buitelandse sake.

Olly Robbins, May se hoofonderhandelaar vir Brexit, is op pad Brussel toe om veranderinge aan die politieke deklarasie – as deel van die ooreenkoms – te bespreek.

Robbins sal uitvind hoe gou die veranderinge gedoen kan word sou die regering en die Arbeiders tot ’n vergelyk kom, het die BBC berig.

Laura Kuenssberg, die BBC se politieke redakteur, het op Twitter gesê ’n onbekende bron uit Downingstraat 10 het gesê May sal nie ’n permanente doeane-unie aanvaar nie.

“Ons probeer ’n kompromis oor doeane te vind as ’n tydelike posisie of ’n tussentydse stap,” het die bron aan Kuenssberg gesê.



Meer oor:  Theresa May  |  Brittanje  |  Brexit  |  Samesprekings  |  Arbeidersparty
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.