Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
May looi parlement oor Brexit nie spertyd haal

Die Britse premier, Theresa May, het Woensdagaand in 'n toespraak by 10 Downing Street gesê Brexit sal nie later nie as 30 Junie geskied.

Sy het haar spyt uitgespreek dat Brexit nie op 29 Maart afgehandel sal wees nie.

May het die blaam vir die parlement se onvermoë om haar ooreenkoms goedgekeur te kry, voor die deur van die Britse parlement gelê. Haar Brexit-ooreenkoms is reeds twee keer deur die laerhuis verwerp. 

"Dit is hoog tyd dat ons 'n besluit neem," het May gesê.

Sy het gesê sy is nie te vinde vir 'n tweede referendum oor Brexit nie. En dat sy vasbeslote is om met 'n ooreenkoms die Europese Unie te verlaat. 

May het na die Brexit-refendum verwys as die grootste demokratiese oefening in die land se geskiedenis.

Woensdag was presies duisend dae nadat May art. 50 afgekondig het, en nege dae voordat Brittanje die EU op 29 Maart moet verlaat. Art. 50 stel lede van die EU in staat om eensydig aan te kondig dat die betrokke land die EU verlaat. 

May se Brexit-ooreenkoms is reeds twee keer deur die laerhuis verwerp. Die speaker, John Bercow, het vandeesweek besluit May kan nie haar huidige plan weer aan die laerhuis voorlê nie. May sal dus haar Brexit-ooreenkoms dramaties moet verander voordat die laerhuis aanstaande week daaroor sal stem.

May het hand en tand geveg dat Brittanje met 'n ooreenkoms die EU verlaat. Sy het egter sterk teenkanting in die parlement gekry.

Die leier van die hoofopposisieparty, Jeremy Corbyn, het tydens die parlementsitting Woensdag gesê May moet onmiddellik bedank te midde van die nasionale krisis in die land.

Donald Tusk, EU-president, het Woensdag gesê die EU is  bereid om 'n kort uitstel aan Brittanje te gee op voorwaarde dat die Britse parlement May se Brexit-ooreenkoms aanstaande week goedkeur.

Meer oor:  Theresa May  |  Brexit  |  Europese Unie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.