Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
May verloor beheer oor Brexit

Britse LP's het Maandagaand gestem om beheer oor die parlement se agenda vir 'n dag by Theresa May, Britse premier, oor te neem sodat hulle kan kyk of hulle tot 'n vergelyk oor Brexit kan kom nadat haar skeidingsplan met die EU weer die wind van voor gekry het.

Dít gee LP's die geleentheid om in beheer van die Britse laerhuis te wees en beheer te hê oor debatte en opsies. 

Wetmakers sal Woensdag oor verskillende Brexit-opsies stem sodat hulle die parlement geleentheid kan gee om op 'n aanvaarbare ooreenkoms te besluit. Die parlement moet oorweeg of hulle nouer bande met Brussel wil hê en dan die regering daarvan te probeer oortuig. 

May sê daar is geen waarborg dat sy hul besluit sal ondersteun nie en meen LP's wat die laerhuis oorneem, skep 'n baie "onwelkome presedent".

Dié stemmery wat Woensdag plaasvind, is 'n aanduiding dat May beheer oor haar wetmakers en ministers verloor het, al het sy gesê die regering hoef nie die uitslag van die stemmery te steun nie.

Die Europese Unie (EU) het verlede week ingestem om Brexit tot 22 Mei uit stel indien May die LP's kan oorreed om haar ooreenkoms te ondersteun. Indien LP's nie May se ooreenkoms ondersteun nie, sal die EU Brittanje net tot 12 April gee om hul Brexit-planne in orde te kry.

Brittanje moes die EU aanvanklik op 29 Maart verlaat. – Reuters

Meer oor:  Theresa May  |  Brittanje  |  Brussel  |  Brexit  |  Lp's  |  Stemmery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.