Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
May vra Brexit-uitstel

Theresa May, Britse premier, het Woensdag die Europese Unie (EU) gevra vir ’n kort uitstel van die Brexit-spertyd op 29 Maart.

Die versoek om uitstel kom byna drie jaar nadat die Britte in ’n referendum besluit het om die EU te verlaat. May vra uitstel tot 30 Junie toe omdat sy nie die Britse parlement kon oortuig om haar en die EU se ooreengekome skeidingsplan goed te keur nie.

theresa may
Die Britse premier, Theresa May. Foto: AP

Jean-Claude Juncker, hoof van die Europese kommissie, het vroeër Woensdag op ’n Duitse radiostasie gesê: “Daar sal geen heronderhandelinge wees nie, daar sal geen nuwe onderhandelinge wees nie, en geen bykomende waarborge saam met dit wat reeds gegee is nie. Ons het daadwerklike toegewings aan Brittanje gemaak, daar kan niks meer wees nie.”

“Dit is om die parlement net ’n klein bietjie meer tyd te gee. Die mense van hierdie land wag nou al drie jaar en is moeg vir die parlement se onvermoë om tot ’n besluit te kom en die premier deel hul frustrasie.”

May het al die parlement gewaarsku as hulle nie haar skikkingsooreenkoms aanvaar nie, gaan sy vra vir ’n uitsteldatum. Die verkiesing vir lede van die Europese parlement waaraan Brittanje sal moet deelneem as hy nog in die unie is, vind van 23 Mei tot 26 Mei plaas.

Brexit-ondersteuners is bang dit gaan Brexit in die gevaar stel. Die opsies is dan onder meer om sonder ’n ooreenkoms uit die EU weg te breek of om ’n nuwe referendum te hou.

In die referendum in 2016 is die besluit om uit die EU te stap, met 17,4 miljoen stemme (52%) teenoor 16,1 miljoen stemme aanvaar.

Sedertdien het die land, wat altyd ’n pilaar van Westerse ekonomiese en politieke stabiliteit was, ’n reeks politieke krisisse beleef.– Reuters

Meer oor:  Theresa May  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.