Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
McD’s-grootbaas afgedank oor romanse op kantoor

McDonald’s het Steve Easterbrook (52), uitvoerende hoof, Sondag afgedank nadat dit aan die lig gekom het dat hy ’n konsensuele verhouding met een van die maatskappy se personeellede gehad het.

McDonald’s Corp het Sondag in ’n verklaring gesê die verhouding is strydig met die maatskappy se beleid.

Die direksie het bevind Easterbrook, wat sedert 2015 aan die stuur van die maatskappy is, slegte oordeel aan die dag gelê het met dié verhouding.

Easterbrook is ook sy plek op die direksie kwyt nadat hy afgedank is.

Die Daily Mail berig Easterbrook, ’n Brit, is ’n geskeide pa van drie, en het $15,9 miljoen ’n jaar verdien.

Hy het Sondag ’n e-pos aan personeellede gestuur waarin hy sê die verhouding met ’n kollega, wie se naam nie bekend gemaak is nie, was ’n fout, dat hy met die direksie se besluit saamstem en dat dit tyd is vir hom om aan te beweeg.

Chris Kempczinski (51) neem die leisels by Easterbrook oor.

Chris Kempczinski (51) Foto: Reuters

Kempczinski het in 2015 by McDonald’s begin en was die president van McDonald’s Amerika. Hy neem ook Easterbrook se plek op die direksie in.

Maatskappye het meer fokus op seksuele teistering in die werkplek begin plaas ná die #MeToo-beweging waarin vroue na vore gekom het oor seksuele wangedrag in die werkplek.

Die maatskappy het geen besonderhede bekend gemaak van wie die vrou is met wie Easterbrook ’n verhouding gehad het nie. Reuters

Meer oor:  Romanse  |  Steve Easterbrook  |  Mcdonalds
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.