Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Meer as 100 sterf ná vliegtuig val

Meer as 100 mense is Vrydag dood nadat ’n Cubana de Aviación Boeing 737-200 neergestort het nadat dit opgestyg het van die José Martí- internasionale lughawe in Havana, Kuba, berig CNN.

Volgens die Daily Mail is vier kinders onder die slagoffers. Drie vroulike passasiers het oorleef en is in ’n kritieke toestand. ’n Man wat ook lewend uit die wrak gehaal is, het later in die hospitaal gesterf.

Die vliegtuig het kort nadat dit opgestyg het, in ’n veld in Santiago de las Vegas neergestort.

Die ongelukstoneel waar ’n vliegtuig Vrydag neergestort het naby die Jose Marti internasionale lughawe in Havana, Kuba. Foto: CNN

Volgens CNN het die adjunkminister van vervoer, Eduardo Rodríguez Dávila, gesê daar was 105 passasiers aan boord, waaronder ’n baba. Vyf passasiers was buitelanders, waaronder twee Argentyne. 100 Kubane is dood.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Die voormalige Kubaanse president, Raul Castro, wat onlangs ’n operasie ondergaan het, is bewus van die ongeluk en bly op hoogte van die situasie, sê die regering in ’n verklaring.

Die vliegtuig was onderweg na die stad Holguín, meer as 700 km oos van Havana. Die byna 40 jaar oue Boeing 737-200 is die eiendom van die Meksikaanse lugdiens Aerolíneas Damojh en is verhuur aan die Cubana de Aviacion, luidens ’n verklaring van die burgerlugvaartowerheid. Die vliegtuig het sowat 9 km van die lughawe neergestort. Volgens ’n ooggetuie het die vliegtuig geswenk en sy enjins het versnel voordat dit neergestort het.

Meer oor:  Vliegongeluk  |  Vlieënier  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.