Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Meer as 4 000 in Frankryk dood, inperking duur voort

Frankryk het Woensdag die vierde land geword waar die dodetal weens Covid-19 meer as 4 000 is.

Italië, Spanje en Amerika het ook reeds meer as 4 000 sterftes aangeteken.

Hoewel dit blyk dat minder mense die afgelope paar dae in Frankryk weens die virus gesterf het, het gesondheidsamptenare Woensdag 509 sterfgevalle aangemeld. Dit bring die totaal op 4 032 te staan.

Édouard Philippe, Frankryk se premier, het ’n parlementêre komitee Woensdag meegedeel dat die land sy staat van inperking geleidelik gaan afskaal.

Die regering het mense op 17 Maart beveel om in hul huise te bly. Die inperking sal tot minstens 15 April duur.

Die daaglikse sterftesyfer wat die regering bekend maak, is egter net gegrond op mense wat in hospitale sterf. Daar sal binnekort ook na die dodetal in ouetehuise gekyk word. Dit sal na verwagting die sterftesyfer aansienlik opstoot.

Daar is tans 56 989 bevestigde gevalle in die land, en minstens 6 017 van dié mense verkeer in ’n kritieke toestand.

In Italië het minstens 13 155 mense reeds weens die virus gesterf, terwyl die dodetal in Spanje 9 053 is. – Reuters

Meer oor:  Frankryk  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.