Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
‘Meer veiligheid by attraksies in Zim nodig’
'n Toeris staan en neem foto's van die beeldskone Victoria Watervalle in Zimbabwe. Groot kommer heers egter na meer as 100 toeriste die afgelope vier maande hier aangeval is.

’n Zimbabwiese parlementslid het die regering aangemoedig om veiligheid by dié land se toeristebestemmings op te skerp, nadat minstens 100 toeriste glo die afgelope vier maande in die dorp Victoria Falls by die Victoria-watervalle beroof is.

Luidens die staatsbeheerde koerant, die Herald, het Dexter Nduna in die parlement gesê die vlaag van misdaad in dié dorp gaan waarskynlik ’n negatiewe impak op die land se toerismebedryf hê.

Dié bedryf bring noodsaaklike buitelandse valuta in die land in, sê hy.

Die getal toeriste het in die eerste ses maande van die jaar met minstens 21% toegeneem nadat dié dorp se lughawe uitgebrei is.

“In die afgelope vier maande is daar nou ongeveer 100 toeriste beroof, terwyl hulle by hotelle in Victori Falls tuisgegaan het. As dié probleem nie gepak word nie, sal dit ’n negatiewe impak hê op die pogings om infrastruktuur te ontwikkel,” sê Nduna.

Die Hollywood-ster Will Smith was vroeër vanjaar by die Victoria-waterval, maar dit is nie duidelik of hy aan die Zimbabwiese kant of die Zambiese kant van dié natuurlike wonder gebly het nie. - News24

Meer oor:  Zimbabwe  |  Natuur  |  Misdaad  |  Beroof  |  Toerisme  |  Buitelewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.