Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Meeste in meer as 20 j. op Mexiko-grens aangekeer

Die meeste onwettige immigrante in meer as 20 jaar het verlede maand die grens tussen Mexiko en Amerika probeer oorsteek.

Die Amerikaanse doeane-agentskap het in Mei 180 034 onwettige immigrante aangekeer, die meeste sedert April 2000. In April is 178 854 onwettige immigrante by die grens aangekeer en in Maart 172 000, van wie die meeste enkellopende mans was.

Al hoe meer mense vlug uit lande soos Ecuador, Venezuela, Kuba, Haïti en selfs Afrika.

In Mei is 10 765 kinders uit Sentraal-Amerika by die grens aangekeer wat sonder enige volwasse toesig was en 13 940 in April.

CNN berig intussen die Amerikaanse grensowerhede is ontplooi om Mexikaanse immigrasiebeamptes by te staan om mense te identifiseer wat in Cancún, Mexiko, aankom met die voorneme om die grens onwettig oor te steek.

Dit is deel van ’n veeldoelige benadering om die vloei van immigrante na die grens tussen die VSA en Mexiko te stuit ná maande van toenemende inhegtenisnemings.

Kanada is gereed om van die immigrante uit Sentraal-Amerika te huisves om die VSA te help, het die Kanadese minister van immigrasie, Marco Mendicino, volgens Euronews gesê. – BBC, CNN, Euronews


Meer oor:  Mexiko  |  Vsa  |  Migrante  |  Grens  |  Onwettig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.