Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Meghan se ma: 'My hoogtepunt op troue'

Meghan Markle se ma, Doria Ragland, praat in die jongste uitgawe van US Weekly oor haar gunstelingoomblikke op haar dogter se troue met prins Harry.

Sy was in trane toe Meghan en Harry hul huweliksbeloftes aan mekaar gemaak het, berig die Mirror, maar daar was 'n ander eintlike hoogtepunt.

Doria Ragland in die kerk. Foto: Getty Images

Dit was toe Doria koningin Elizabeth ontmoet het, berig US Weekly.

Doria was Meghan se enigste familielid op die koninklike troue verlede maand in die St. George-kapel in die Windsorkasteel.

“Die ontmoeting sou vir enigiemand vreeslik intimiderend gewees het, maar Meghan en Harry het my baie goed voorberei op wat om te verwag,” het Doria aan die tydskrif gesê.

Prins Harry het glo aan sy nuwe skoonma baie stories oor die koningin vertel en wat sy as ’n ouma vir hom beteken.

Doria en Meghan het ’n sterk verhouding. Doria het ook prins William, Kate en prins George en prinses Charlotte voor die troue ontmoet.

Doria, wat vir die troue geklee was in ’n rok en jas van die ontwerper Oscar de la Renta, is geprys dat sy bo haar familie se dramas uitgestyg het. Meghan se pa, halfbroer en halfsuster was in die aanloop tot die troue by allerhande onsmaaklikhede betrokke.

Doria is ’n joga-onderwyseres en maatskaplike werker in Los Angeles.

Daar word bespiegel dat as Meghan swanger raak, Doria moontlik na Brittanje sal verhuis.

Meer oor:  Meghan Markle  |  Troue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.