Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
VSA: Meisie skiet 2 leerlinge, onderwyser

’n Personeellid en twee leerlinge is Donderdag in ’n skietery by ’n skool in die Amerikaanse deelstaat Idaho gewond.

’n Gr. 6-leerling van die Rigby Middle School het met ’n vuurwapen op die personeel en die leerlinge losgebrand.

Steve Anderson, die plaaslike polisiehoof, het op ’n nuuskonferensie bekend gemaak dat die vermeende aanvaller ’n meisie is en nie ’n seun, soos wat aanvanklik berig is, nie.

Sy is in aanhouding en sal na verwagting op aanklagte van poging tot moord teregstaan.

Fox News berig dat twee mense in ’n gang in die skool geskiet is, terwyl die derde slagoffer buite geskiet is. ’n Onderwyser het die meisie glo daarna ontwapen.

Die gewonde leerlinge en personeellid is daarna in ’n hospitaal opgeneem, sê dr. Michael Lemon, direkteur van trauma van die Eastern Idaho Regional Medical Center, volgens Fox News.

Die volwassene, wat een keer raak geskiet is, is reeds uit die hospitaal ontslaan. Die een leerling is een keer getref en sal dalk in die toekoms operasies moet ondergaan. Die tweede leerling is twee keer gewond, sê Lemon. Hy het nie gesê waar hulle getref is nie. Reuters, NBC, Fox News


Meer oor:  Vuurwapenwetgewing  |  Skietvoorval  |  Amerika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.