Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Meksikane soek tussen 174 lyke na hul geliefdes

Nadat die polisie in Meksiko verlede week afgekom het op onder meer 166 skedels en 32 grafte is die families van mense wat vermis word, ontbied om te kom kyk of die oorskotte van hul geliefdes onder die beendere is.

Die polisie het verlede week die grusame ontdekking in die suidelike staat Veracruz gemaak nadat ’n anonieme oproep ontvang is.

Joernaliste staan buite die lykshuis waar die families van vermiste persone saamdrom om die besittings wat in die grafte gevind is, te identifiseer. Foto: Reuters/Yahir Ceballos

Nadere ondersoek het aan die lig gebring dat minstens 174 lyke daar begrawe is. Dit blyk dat die lyke sowat twee jaar gelede begrawe is. Die naasbestaandes is gesigmaskers gegee vir wanneer hulle met die oorskotte in die lykshuis in aanraking kom.

“Ons klou nog vas aan die hoop dat ons my oudste suster, wat twee jaar al vermis word, gaan opspoor,” het Paloma Martinez gesê.

“Ons lewe al lank in angs en sonder enige antwoorde, en ek en my ma het kom kyk of daar enige identiteitsdokumente of kledingstukke is wat daarop dui dat sy dalk hier was,” het sy gesê.

Imelda Fernandez het gesê haar seun het haar huis twee jaar gelede een oggend verlaat en nooit weer teruggekeer nie, berig

USNews.com.

“Ek dink elke dag aan hom. Ek wil hom net opspoor en uitvind wat met hom gebeur het. Dit maak nie saak of hy lewe of dood is nie,” het sy agter haar gesigmasker gesê.

Families van die vermistes drom buite die lykshuis saam, voor hulle almal na binne gelei word om items wat in die massagrafte gevind is, te identifiseer. Die grafte is in Xalapa, 'n Meksikaanse deelstaat van Veracruz, gevind. Foto: Reuters/Yahir Ceballos

Jorge Winckler, Veracruz se staatsaanklaer, het gesê om veiligheidsredes word die plek waar die lyke gevind is, nie bekend gemaak nie, berig The New York Post.

Gesigmaskers is aan die familielede uitgereik vir wanneer hulle met die lyke in die lykshuis in aanraking kom. Foto: Reuters/Yahir Ceballos

Lucia Diaz, ’n kampvegter vir die opsporing van vermistes, sê sy vertrou nie die owerhede nie.

Haar groep, Colectivo Solecito, het die polisie in die verlede gehelp om ander grafte op te spoor.

“As gevolg van baie redes het ons nie vertroue in die werk wat die polisie doen nie. In die verlede het die ondersoekers die lyke te vinnig uitgegrawe en dit het in stukkies opgeëindig.”

Diaz vind dit ook vreemd dat 166 lyke in een maand opgegrawe kon word.

Sy het ’n kampvegter vir vermiste persone geword nadat haar seun, Guillermo Lagunes Diaz, in 2013 uit sy huis ontvoer is.

Guillermo is nooit opgespoor nie en daar is geen leidrade oor sy ontvoering nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.