Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Melania ‘een van mees geboeliede mense ter wêreld’

Melania Trump, die presidentsvrou van Amerika, sê niemand ter wêreld word meer as sy geboelie nie. Dis deels waarom sy ’n veldtog, “Be Best”, teen afknouery aanlyn begin het.

In ’n onderhoud met ABC News wat Donderdag uitgesaai is, vra die onderhoudvoerder, Tim Llamas, haar: “Is jy regtig die mees geboeliede persoon ter wêreld?”

“Een van hulle, as jy sien wat mense oor my sê,” sê Trump.

Melania Trump. Foto: Reuters

In antwoord op vrae hoe die afknouery haar kinders raak, onder andere haar seun Barron, sê sy dit is hoekom haar veldtog op sosiale media fokus.

“Ons moet die kinders van sosiaal-emosionele gedrag leer sodat hulle weet hoe om daardie kwessies te hanteer. Dis baie belangrik.”

In die onderhoud sê sy daar werk nog mense in die Trump-administrasie wat haar man nie kan vertrou nie.

Sy sê sy gee hom raad oor wie sy dink hy kan vertrou, maar besluite oor personeellede is sy eie. “Ek gee hom my eerlike raad en menings en dan doen hy wat hy wil doen.”

Op die vraag wat hy gedoen het oor haar vermoedens dat sommige personeellede nie vertrou kan word nie, het die presidentsvrou geantwoord: “Wel, sommige mense, hulle werk nie meer daar nie.”

The Guardian berig pres. Trump is in ’n onderhoud met Fox & Friends gevra hoekom mense wat hy en sy vrou nie vertrou nie, nog in sy administrasie is.

“Ek het nie mense in Washington geken nie en nou ken ek almal,” het hy geantwoord. “Ek ken sommige wat ek wens ek nie geken het nie.” Hy het egter nou goeie mense in sy administrasie, meen hy.

“Is daar van hulle waaroor ek nie gek is nie? Ja, en ons sal hulle stadig maar seker uitroei.”

Meer oor:  Melania Trump  |  Amerika  |  Wêreld  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.