Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Mense in woonstelblok dalk deur pype met korona besmet

’n Woonstelblok in Hongkong is gedeeltelik ontruim nadat mense in woonstelle reg onder mekaar die nuwe koronavirussiekte, Covid-19, opgedoen het.

Daar word nou ondersoek of die virus dalk deur die lug of deur pype tussen die woonstelle die mense in ander woonstelle bereik en aangesteek het.

Twee inwoners wat in woonstelle tien verdiepings uitmekaar, maar wel reg onder mekaar in ’n woonstelblok woon, het positief vir die virus getoets. ’n Vrou van 62 van die een woonstel het siek geword sowat ’n week en ’n half nadat ’n 75-jarige man in die ander woonstel positief vir die virus getoets het.

Intussen het die vrou se seun en sy vrou, wat in dieselfde woonstel woon, ook positief vir die virus getoets. Die skoondogter se pa het óók nou die virus opgedoen.

Luidens berigte is sowat 100 mense wat in die woonstelblok woon nou onder kwarantyn geplaas.

’n Onverseëlde pyp is in die onderste woonstel gevind en dit laat kommer ontstaan oor hoe die virus in die woonstelblok kon versprei.

Toe die Ears-virus in 2003 in China uitgebreek het, het foutiewe pype veroorsaak dat honderde mense in ’n woonstelblok daarmee besmet is.

– Bronne: ABC News, CNN en HKFP


Meer oor:  Covid-19  |  Hongkong  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.