Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Mense kan weer vlieg tussen Australië, N-Seeland

Met die aanvang van Nieu-Seeland en Australië se sogenaamde reisborrel teen die koronavirus het emosiebelaaide tonele Maandagoggend afgespeel op lughawens, waar familielede van die twee lande met mekaar herenig is.

Australiërs het nou vrye toegang tot Nieu-Seeland en kan Nieu-Seeland vir die eerste keer in meer as ’n jaar besoek sonder om ’n vereiste kwarantyntydperk deur te gaan.

Die meeste Australiese state volg reeds sedert einde verlede jaar ’n soortgelyke beleid vir besoekers uit Nieu-Seeland, maar Nieu-Seeland het ’n isolasie-tydperk vereis van Australiese besoekers.

Australië het tans net meer as 29 500 kumulatiewe gevalle en 910 sterftes weens Covid-19 aangemeld, terwyl Nieu-Seeland net meer as 2 200 gevalle en 26 sterftes gehad het.

Albei lande het net meer as ’n jaar gelede grootliks hul grense vir buitelanders gesluit. Dit het gehelp om hul infeksiekoers relatief laag te hou vergeleke met verskeie ander lande.

Die (reis)borrel is ’n merkwaardige stap vir Nieu-Seeland se herverbinding met die wêreld.

Die Australiese lugdiens Qantas sal nou sy vlugte tussen die twee lande tot sowat 200 vlugte per week verhoog, terwyl Air New Zealand Maandag gesê het sy vlugte neem toe tot 30.

“Die (reis)borrel is ’n merkwaardige stap vir Nieu-Seeland se herverbinding met die wêreld,” het Jacinda Ardern, premier van Nieu-Seeland, in Wellington aan verslaggewers gesê.

Ardern en Scott Morrison, premier van Australië, het egter hul burgers gewaarsku dat hul reisplanne op kort kennisgewing ontwrig kan word in die geval van ’n uitbreking. Die risiko van kwarantynvrye reise tussen die twee lande sal deurlopend hersien word.

Albei lande se leiers het die moontlikheid genoem dat die kwarantynvrye reisooreenkoms ook na ander lande in die Stille Oseaan-streek uitgebrei kan word sodra dit veilig is.

Maar vir eers word besoekers aan Nieu-Seeland en Australië wat nie uit een van die twee lande kom nie, steeds onderwerp aan ’n kwarantyntydperk van twee weke op eie koste in ’n hotel. –  Reuters


Meer oor:  Nieu-Seeland  |  Australië  |  Reis  |  Lughawens  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.