Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Merkel en May wens Cyril geluk
Angela Merkel, die Duitse kanselier.Foto: AP

Angela Merkel, die Duitse kanselier, het pres. Cyril Ramaphosa Vrydag gelukgewens met sy verkiesing as Suid-Afrika se nuwe staatshoof.

Sy het in ’n brief aan Ramaphosa gesê Suid-Afrika en Duitsland het al baie lank noue bande.

Die Duitse kanselier het die Suid-Afrikaanse staatshoof luidens ’n verklaring van die Duitse ambassade in Pretoria daarvan verseker dat Duitsland ’n getroue bondgenoot van Suid-Afrika sal bly.

Ramaphosa se verkiesing lei ’n nuwe hoofstuk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis in, het Merkel gesê. Sy sien uit daarna om met Ramaphosa saam te werk.

Theresa May, die Britse eerste minister, het vroeër reeds haar gelukwensinge aan Ramaphosa gestuur en gesê sy hoop om hom in April by die Statebondsberaad in Londen te sien.

May en Ramaphosa het onlangs by die Wêreld- Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, ontmoet.

Christophe Farnaud, die Franse ambassadeur in Europa, het Ramaphosa ook gelukgewens.

Meer oor:  Angela Merkel  |  Theresa May  |  Cyril Ramaphosa  |  Jacob Zuma  |  Nuwe President  |  Wêreld  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.