Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Merkel se party wil vroue as helfte hê

Die Christen-Demokrate (CDU), party van Angela Merkel, bondskanselier, en Duitsland se dominante politieke party, wil vroue oor vyf jaar gelyke verteenwoordiging in alle partystrukture gee.

Dit sal die partyhiërargie op streek- en nasionale vlak insluit.

Die CDU het in Merkel reeds Duitsland se eerste vrouekanselier opgelewer en word aangevoer deur nog ’n vrou – Annegret Kramp-Karrenbauer, voorsitter van die party. Maar vroue maak net sowat ’n kwart van sy lede uit. Net sowat ’n vyfde van die CDU se parlementslede is vroue, teenoor ’n derde van alle partye se parlementslede.

Volgens die party se verteenwoordigingsplan moet alle partystrukture teen 2023 uit 40% vroue bestaan wat teen 2025 moet styg tot 50%.

Ander partye, soos die Groenes, het lankal begin toesien dat vroue in partystrukture verteenwoordig word en dat hulle in belangrike ampte aangestel word. Die Groenes word byvoorbeeld gesamentlik deur ’n man en ’n vrou bestuur.

Die CDU beplan om dieselfde te doen wanneer kandidate vir verkiesings gestel word in state, in nasionale verkiesings en vir die Europese Parlement. Die party se takke sal ook gereeld moet verslag doen oor hoe hul pogings vorder om vrouelede te werf.

Die plan moet nog in Desember op die party se jaarkongres bekragtig word.– Reuters

Meer oor:  Angela Merkel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.