Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Mesaanval in Sydney: Man het glo geestesversteuring

’n Man van Sydney wat na bewering Dinsdag ’n vrou met ’n mes doodgesteek en toe op ’n skynbare moordtog in die sentrale sakegebied gegaan het, word na verwagting Woensdag van moord en aanranding aangekla.

CNN berig Mick Fuller, polisiekommissaris van Nieu-Suid-Wallis, het op ’n nuuskonferensie die toneel as ’n vreesaanjaende bloedbad beskryf het.

Mert Ney (20), die vermeende aanvaller, is onder polisiebewaking in die hospitaal nadat omstanders hom aangekeer het, berig The Guardian.

Ney, wat glo ’n geestesversteuring het, se gemoedstoestand word nog deur die dokters bepaal. Hy het ook ’n operasie ondergaan vir beserings wat hy opgedoen het toe hy aangekeer is.

Volgens die polisie het hulle Dinsdag omstreeks 14:00 oproepe ontvang dat daar ’n man met ’n mes in Yorkstraat loop.

’n Vrou se lyk is later in ’n woonstel gekry waar Ney glo vroeër ’n afspraak gehad het.

Tydens die drama op straat is ’n 41-jarige vrou in haar rug gesteek. Haar toestand is stabiel.

’n Video van die toneel wat deur Channel 7 geplaas is, blyk dat die vermeende aanvaller skree, “Skiet my, ek wil ... sterf.”

Seven News se uitsending van die toneel wys hoe omstanders met stoele en ’n melk-krat die man vaspen.

The Guardian berig die polisie in Nieu-Suid-Wallis het die lede van die publiek wat die aanvaller vasgepen het, as helde beskryf.

“Hulle is baie dapper mense en helde,” het supt. Gavin Wood, polisiewoordvoerder, Dinsdag op ’n nuuskonferensie gesê.

Sky News berig drie Britse mans het die verdagte agternagesit en vasgepen totdat die polisie opgedaag het.

Lee Cuthbert, Paul O’Shaughnessy en sy broer Luke, almal van Manchester, was by die werk toe hulle die geskreeu in die staat gehoor het.

O’Shaughnessy sê hulle het gesien wat gebeur en het die man agternagesit.

“Hy het ’n mes gehad, dit was vol bloed. Hy het voortdurend iets in Arabies gesê, hy was duidelik onder die invloed van iets. My broer, Luke, het daarin geslaag om hom vas te pen. Die man het geen berou getoon nie,” sê O’Shaughnessy.

sydney, mesaanval
Die vrou wat met 'n mes in haar rug gesteek is word op 'n draagbaar geplaas. Foto: Reuters

Meer oor:  Mert Ney  |  Mesaanval  |  Sydney  |  Geestesversteuring
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.