Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Meteoor se ontploffing 10 keer dié van Hirosjima

Nasa het bekend gemaak dat ’n meteoor in Desember in die aarde se atmosfeer ontplof het en dat dié ontploffing tien keer groter as die Hirosjima-atoombom was.

Dit het ver oor die Beringsee ontplof en is daarom nie juis deur gewone mense waargeneem nie, het Lindley Johnson van Nasa aan die BBC gesê.

Dit was egter nie minder van ’n historiese gebeurtenis nie. ’n Meteoor van dié grootte kom net elke twee of drie keer elke 100 jaar so naby aan die aarde verby. Nasa is op 18 Desember deur die Amerikaanse lugmag van die ontploffing in kennis gestel, berig FoxNews.

Volgens berigte van die BBC was die meteoor ’n hele paar meter in omtrek groot en was die impak van die ontploffing 173 kiloton. Die Hirosjima-kernbom het die energie van 15 kiloton gehad.

Die meteoor het ongeveer 15 myl (ongeveer 25 km) bo die aarde ontplof. Dit was die tweede grootste ontploffing in sy soort in 30 jaar en die meteoor het teen ’n spoed van 32 km/sek. beweeg.

Die meteoor is nie voor die tyd bespeur nie. Dit het die aarde onverwags getref, hoewel daar groot projekte is om gevaarlike meteore te probeer opspoor voordat dit die aarde tref.

Meer oor:  Ontploffing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.