Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
MeToo-aktivis skik ná jong akteur háár aankla

Die Italiaanse aktrise Asia Argento (42), ’n #MeToo-aktivis, het geskik met ’n jong akteur wat haar van seksuele teistering beskuldig het, berig The New York Times.

Argento moes Jimmy Bennett $380 000 betaal.

Asia Argento Foto: AP

Bennett, ’n akteur en musikant, het ’n klag teen haar ingedien nadat Argento orale seks met hom gehad het toe hy 17 jaar oud was.

Argento en Bennett was medesterre in die rolprent The Heart Is Deceitful above All Things. Die prent is ’n 2004 gemaak met Argento in die rol van Bennett se ma.

Bennett is nou 22 en sê die voorval het hom sielkundig geknou. Argento het hom glo laat drink, hom gesoen en toe orale seks op hom uitgevoer.

Sy het ook foto’s van hom geneem terwyl hy halfnaak was, asook foto’s van hul gesigte saam wat op Instagram geplaas is, berig The Guardian.

Argento is een van die bekendste aktiviste in die #MeToo-veldtog nadat sy Harvey Weinstein daarvan beskuldig het dat hy haar in 1997 by die Cannes-rolprentfees verkrag het toe hy 21 jaar oud was.

Bennett wou Argento dagvaar, maar het geskik vir die bedrag geld.

Rose McGowan, die aktrise wat die #MeToo-veldtog begin het, sê sy is hartseer oor die voorval.

“Ek het Asia Argento tien maande gelede ontmoet,” het McGowan in ’n twiet geskryf. “Ons deel die pyn dat Harvey Weinstein ons albei seksueel aangerand het. My hart is gebreek,” het McGowan volgens FoxNews gesê.

Bennett beweer in regsdokumente hy het in die vyf jaar voor die voorval meer as $2,7 miljoen verdien, maar dat sy inkomste ná die voorval gedaal het tot gemiddeld $60 000 per jaar. Hy voer aan dat sy dalende inkomste toegeskryf kan word aan die seksuele aanranding.

Meer oor:  Asia Argento  |  Akteur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.