Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Mexiko gaan nie baklei oor Trump se muur
Die Mexikaanse president, Andrés Manuel Lopez Obrador. Foto: Reuters/ Jose Luis Gonzalez

Die Mexikaanse regering wil nie baklei oor pres. Donald Trump se uitlating dat Mexiko gaan betaal vir ’n grensmuur tussen Amerika en Mexiko nie, sê pres. Andrés Manuel Lopez Obrador van Mexiko.

Trump het teruggegryp na sy verkiesingsbelofte van 2016 dat Mexiko gaan betaal vir die bou van sy lank beloofde grensmuur.

Die Amerikaanse president het Dinsdag met ondersteuners gepraat ná die onlangse hofuitspraak wat hom toegelaat het om voort te gaan met planne om $3,6 miljard, wat aan militêre konstruksie moes gaan, te gebruik vir sy grensmuur.

“Ons wil nie baklei nie,” het die Mexikaanse president Woensdag in reaksie op Trump se uitlating gesê.

“Ons het ’n goeie verhouding met Amerika se regering,” het Lopez Obrador tydens sy gereelde oggend-nuuskonferensie gesê.

Inwoners het ook getwiet oor Trump se bewerings dat Mexiko vir die grensmuur gaan betaal, met sommige wat wou weet of die Amerikaanse president weer goed opmaak. – Reuter

Meer oor:  Donald Trump  |  Andrés Manuel Lopez Obrador  |  Oorlog  |  Vrede  |  Baklei  |  Muur  |  Mexiko-Muur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.