Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Miami-gebou: Talle steeds vermis

Tientalle mense word steeds vermis nadat ’n gedeelte van ’n woonstelgebou Donderdagoggend vroeg in Surfside, Miami, ineengestort het. Dit laat vrese ontstaan dat die dodetal kan styg

Volgens die Associated Press is minstens een persoon dood en talle beseer toe die kant van die gebou met ’n uitsig oor die see ineengestort het.

Ure ná die voorval het noodwerkers op die toneel probeer om by ’n vasgekeerde kind uit te kom wie se ouers glo dood is.

In ’n ander geval is ’n vrou en kind gered, maar die vrou se been moes afgesit word voordat sy uit die puin verwyder kon word, het Frank Rollason, direkteur van Miami-Dade-nooddienste, gesê.

’n Lugfoto wys die deel van die Champlain Towers South Condo-gebou in Surfside, Miami, Florida wat Donderdag ineengestort het. Foto: AP

Ron DeSantis, goewerneur van Florida, wat die toneel besoek het, het gesê televisie kan nie die volle omvang vasvang van wat gebeur het nie. Reddingspanne “doen alles in hul vermoë om lewens te red. Dit gaan voort, en hulle gaan nie rus nie,” het hy gesê.

Meer as 50 mense was Donderdagmiddag steeds vermis, minstens een persoon is dood en 10 is beseer, het amptenare aan NBC News gesê.

Nooddienste het Donderdag omstreeks 01:30 ’n oproep gekry nadat ’n gebou van 12 verdiepings, die Champlain Towers South Condo-woonstelgebou in Collins-weg, inmekaargestort het.

Raide Jadallah, assistenthoof van die Miami-Dade- brandweer, het aan joernaliste gesê 55 van die gebou se 136 wooneenhede aan die noordoostelike kant het verbrokkel.

Volgens Jadallah is minstens 35 mense Donderdagmiddag uit ’n gedeelte van die gebou gehaal, terwyl twee mense van onder die puin gered is.

NBC Miami het beeldmateriaal op televisie uitgesaai van ’n seun wat gered en op ’n draagbaar geplaas word.

CNN berig pres. Joe Biden het gesê dat federale hulpbronne “gereed is om te reageer” op die ineenstorting van die gebou en dat hulle wag op die goewerneur van Florida om ’n noodtoestand af te kondig.

Biden het bygevoeg dat sy stafhoof, Ron Klain, saam met lede van sy kabinet daaraan werk om te verseker dat federale hulpbronne gereed is om ontplooi te word.

“Ek het dit duidelik gemaak aan die inwoners van Florida: Watter hulp julle ook al wil hê wat die federale regering kan bied, ons wag. Vra ons, ons sal daar wees,” het Biden gesê.

Meer oor:  Amerika  |  Miami  |  Gebou Stort Ineen  |  Woonstelgebou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.