Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Mianmar: 18 sterf toe polisie op skare losbrand

Minstens 18 mense is dood toe die polisie in Mianmar Sondag op betogers losgebrand het in wat as die bloedigste dag van die weke lange betogings teen ’n militêre staatsgreep beskryf word.

Die polisie het in verskillende dele van Jangon op betogers geskiet nadat skokgranate en traangas die skare nie uiteen kon jaag nie. Soldate het hulle later by die polisie aangesluit.

Verskeie gewonde mense is deur mede-betogers weggesleep. Bloed was oraloor die sypaadjies. Volgens ’n dokter, wat homself nie wou identifiseer nie, is ’n man dood nadat hy met ’n koeël in die bors by ’n hospitaal aangekom het.

“Minstens 18 mense is dood en meer as 30 gewond,” het die Verenigde Nasies se menseregte-kantoor Sondag gesê.

Betogers skuil Sondag agter tuisgemaakte skilde tydens gevegte met die polisie in dele van Jangon in Mianmar. Foto: Getty Images

Mianmar is in chaos gedompel sedert 1 Februarie toe Aung San Suu Kyi, verkose regeringsleier, en ’n deel van haar party se leiers deur soldate gevange geneem is.

Honderdduisende betogers het sedertdien die strate ingevaar. Die staatsgreep het die voorlopige proses na demokrasie laat ontspoor nadat die weermag vir byna 50 jaar aan bewind was.

Genl. Min Aung Hlaing, junta-leier, het verlede week gesê die owerhede gebruik minimale geweld om die betogings te hanteer.

Die Amerikaanse ambassade in die land het gesê: “Ons is hartseer om die verlies aan soveel lewens in Mianmar te sien. Mense hoef nie onder geweld gebuk te gaan as hulle nie saamstem met die militêre staatsgreep nie. Om burgerlikes as teikens te gebruik is afskuwelik.” - 

Reuters

Meer oor:  Mianmar  |  Staatsgreep  |  Betogings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.