Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Mianmar is afgryslik; dis ’n bloedbad, sê jeug-aktivis

Minstens 18 mense is Woensdag dood nadat veiligheidsmagte in Mianmar op betogers losgebrand het.

Soldate het sedert die inhegtenisname van die demokraties verkose leier Aung San Suu Kyi op 1 Februarie toenemend geweld gebruik om betogers in die land in bedwang te bring. Betogers eis die vrylating van Suu Kyi.

“Dit is afgryslik; dis ’n bloedbad. Geen woorde kan die situasie en ons gevoelens beskryf nie,” het die jeug-aktivis, Thinzar Sjoenlei Ji, Woensdag in ’n boodskap aan die nuusagentskap Reuters gesê.

In die hoofstad Jangon het ooggetuies gesê minstens agt mense is dood, een vroeg die dag en sewe ander toe die veiligheidsmagte met outomatiese wapens op inwoners in ’n woonbuurt in die noorde van die stad losgebrand het.

Betogers met tuisgemaakte skilde het Woensdag met soldate in Mandalai, Mianmar, slaags geraak.Foto: Reuters

“Ek het aanhoudend skote gehoor. Ek het op die grond gaan lê. Hulle het baie geskiet,” het een van die betogers, die 23-jarige Kaoeng Pjae Sone Toen gesê.

’n Gemeenskapsleier, Htoet Paing, het gesê die hospitaal daar het hom meegedeel dat sewe mense dood is. Die hospitaal kon dit egter nie onmiddellik bevestig nie. Volgens ’n plaaslike koerant, die Monywa Gazette, is sewe mense in die middestad van Moniwa doodgeskiet.

Ander is op verskillende plekke vermoor, waaronder die tweede grootste stad Mandalai, die noordelike stad van Hpakant en Mjingjan.

Minstens 40 mense is dood sedert die staatsgreep.

“Die land is soos die Tiananmen-plein in die meeste van sy groot stede,” het die aartsbiskop van Jangon, kardinaal Charles Maoeng Bo, op Twitter gesê en verwys na die gewelddadige onderdrukking van betogings deur studente in Beijing in 1989.

– Reuters


Meer oor:  Mianmar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.