Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Mianmar-rebelle ruk op: Geweld op grens met Thailand

Hewige gevegte het Dinsdag by ’n buitepos van Mianmar se weermag op die grens met Thailand losgebars.

Geweerskote het oor die Salweenrivier weergalm en ’n video op sosiale media het brande en rook in die woude teen die heuwels gewys.

Mense betoog in Jangon se strate teen die militêre leiers in Mianmar. Foto: REUTERS

Die gebied is grotendeels onder die beheer van die gewapende magte van die etniese groep Karen. Die buitepos is oorkant Mae Sam Laep.

“Ons veiligheidsmagte hou sake­ dop, maar tot dusver is daar nie berigte dat dit ’n impak op die Thaise kant het nie,” sê ’n provinsiale woordvoerder van die Thaise dorp Mae Hong Son.

Luidens berigte van ’n plaas­like mediagroep het die rebellesoldate die weermag se buitepos oorgeneem. Die weermag het nie amptelik kommentaar daarop gelewer nie.

Ooggetuies het glo gesien hoe sewe soldate van die buitepos af weghardloop.

Padoh Saw Taw Nee, woordvoerder van die Karen- Nasionale Unie (KNU), wat sedert die staatsgreep op 1 Februarie elders met die weermag gebots het, sê die Karen het die buitepos vroegoggend ingeneem en afgebrand. Hy sê soldate soek nog na dooies en gewondes.

Inwoners sê die soldate se kosvoorraad het die laaste paar weke­ begin opraak nadat die rebelle die basis omsingel het.

Meer as 20 gewapende groepe het die afgelope drie maande sporadies met die weermag gebots sedert die junta aan die bewind gekom het.

Die jongste gevegte het uitgebreek enkele dae nadat lande in Suidoos-Asië ’n ooreenkoms met Mianmar se militêre leiers bereik het om ’n einde te maak aan die geweld wat ontstaan het sedert die staatsgreep.

Die Karen sê sowat 24 000 mense­ het die laaste paar weke weens die toenemende geweld en lugaanvalle uit hul huise in die gebied gevlug en skuil in die oerwoud. Die aanvalle het die fokus verskuif van die openbare betogings in die stede na die platteland. Sedert die naweek het geweld elders afgeneem.


Meer oor:  Mianmar  |  Thailand  |  Grens  |  Staatsgreep  |  Geweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.