Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Miley Cyrus se sus ‘praat’ Afrikaans
Ry omhels Brandi terwyl hulle vonkelwyn drink. Foto: Instagram/Brandi Cyrus

Die bekende Amerikaanse sangeres Miley Cyrus se ouer suster, Brandi (33), het op Instagram in Afrikaans met haar Suid-Afrikaanse kêrel geflikflooi.

Dit is nie bekend wat haar kêrel se volle name is nie, want op Instagram noem sy hom bloot Ry. Hy het Woensdag verjaar, maar hulle kon weens die reisbeperkinge nie bymekaar wees nie.

Sy skryf ’n boodskap aan hom in Engels: “Dit breek my hart dat ek nie by my man kan wees op sy verjaardag nie. Maar as ons was, sou ons dit presies so gevier het.”

By die boodskap is ’n foto van die paartjie wat mekaar op die stoep van ’n huis met ’n grasdak, vermoedelik in ’n natuurreservaat in Suid-Afrika, omhels.

Sy skryf die laaste sin van die boodskap in pure Afrikaans: “Ongelooflik baie lief vir jou,” wat kennelik baie aanhangers se vermoedens bevestig dat Ry Afrikaanssprekend is.

Brandi, tegnies Miley se halfsuster wat wettig deur die countrysanger Billy Ray Cyrus (sanger van die bekende “Achy Breaky Heart”) aangeneem is, het nog taamlik min inligting oor Ry bekend gemaak.

Die paartjie omhels mekaar op ’n strand êrens in Kaapstad. Foto: Instagram/Brandi Cyrus

Hulle twee het egter voor die Covid-19-pandemie gereeld in die Tswalu Kalahari-natuurreservaat gekuier en die fotograaf Rachel L’Antigua, ’n vriendin van Brandi, het talle pragfoto’s van hulle geneem.

Op L’Antigua se foto’s is hulle op wildritte, ry perd en stap langs die strand. Op die foto’s lyk hulle baie verlief en staar in mekaar se oë.

Maar toe die pandemie die wêreld tref, moes hulle, soos miljoene ander, vir ’n tyd van mekaar geskei wees. Ry is nog in Suid-Afrika, terwyl Brandi in Amerika is.

Hul planne om in Mei vanjaar saam in Amerika in te trek, is in die wiele gery. Sedertdien probeer hulle alles om hom uit die land uit te kry.

Talle van Brandi se 1,1 miljoen volgelinge was beïndruk deur haar Afrikaans. “Sy praat die taal!” sê een. “Lekker trots Suid-Afrikaans,” sê ’n ander.

Meer oor:  Miley Cyrus  |  Brandi Cyrus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.