Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Miljardêr beloof om graduandi se studieskuld te betaal

’n Selfgemaakte miljardêr het op ’n gradeplegtigheid onderneem om al die graduandi teenwoordig se studieskuld te betaal.

Studente op die gradeplegtigheid by Morehouse College in Atlanta waar hulle gehoor het al hul studieskuld word betaal. Foto: Reuters/David Moody
Die miljardêr-belegger Robert Smith (tweede van links) op die gradeplegtigheid. Foto: Reuters/David Moody

Robert F. Smith het dit belowe toe hy ’n eredoktorsgraad van die tradisioneel swart Morehouse College vir mans in Atlanta in die Amerikaanse deelstaat Georgia ontvang het.

Forbes berig dit sal Smith sowat $40 miljoen uit die sak jaag.

Hy het ook belowe om $1,5 mijoen aan die instelling te skenk vir beurse en ’n nuwe park.

Die BBC berig Smith is een van die prominentste swart filantrope in Amerika.

CNN berig Smith het gesê hy weet sy klasmaats sal seker maak hulle vergoed op die een af ander manier daarvoor.

“Ek wil hê my klasmaats moet kyk na hierdie alumni – hierdie pragtige Morehouse-broers – en kom ons maak seker elke klasgroep het dieselfde geleenthede in die toekoms, want ons is in staat om na ons eie gemeenskap om te sien. Ons is in staat om te verseker ons het al die geleenthede van die Amerikaanse droom.”

Volgens The New York Times sal 396 studente se studieskuld hierdeur gedelg word.

Smith het Vista Equity Partners in 2000 begin en daardeur die rykste swart man in Amerika geword. Die onderneming belê in tegnologie.

Meer oor:  Amerika  |  Gradeplegtigheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.