Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Miljardêr Bloomberg mik na Withuis

Michael Bloomberg, die miljardêr en voormalige burgemeester van New York, oorweeg dit om toe te tree tot die wedloop om die volgende Amerikaanse president te word.

Die 77-jarige demokraat het Donderdag die nodige dokumentasie ingedien by die federale verkiesingskommissie, wat hom nou daartoe in staat stel om geldinsamelings te organiseer vir ’n presidensiële veldtog.

Een van Bloomberg se helpers het egter gesê geen finale besluit is geneem of hy homself verkiesbaar sal stel aldan nie.

Bloomberg het daarop gesinspeel dat hy voel die Demokrate se sowat 20 kandidate is kwesbaar.

Indien hy toetree tot die presidensiële wedloop, sal Bloomberg waarskynlik moet afsien van sekere state waar potensiële opponente al reeds maande gelede begin het om stemme te werf.

Hy het wel reeds geregistreer om as kandidaat te verskyn op stembriewe in die Amerikaanse state Alabama, Arkansas en Texas.

’n Adviseur het Donderdag gesê Bloomberg wil sy naam ook op die stembriewe in Georgië en Michigan hê.

Meer oor:  Michael Bloomberg  |  Withuis  |  Presidentskap  |  President
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.