Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Miljoene muskiete gaan op Amerikaanse eilande vrygelaat word

Miljoene zoemende, honger muskiete gaan op ’n Amerikaanse eilandgroep vrygelaat word.

Hoewel dit na ’n nagmerrie klink, hoop navorsers dat die muskiete – ál 750 miljoen van hulle – die muskietbevolking van die Florida Keys-eilandgroep sal verlaag.

Daar word veral gehoop dat dié geneties aangepaste muskiete, almal manlik, met siektedraende wyfies sal paar sodat die kroos nie meer siektes soos denguekoors, geelkoors en selfs die Zika-virus aan mense kan oordra nie.

Die eerste Zika-draende muskiet is volgens Reuters in 2016 in dié gebied aangemeld en sedertdien het die bloeddorstige wyfies, wat bloed nodig het om voort te plant, inwoners nog meer slapelose nagte gegee.

Hoewel die regering die projek goedgekeur het, het verskeie omgewingsgroepe ook ’n stekie ingekry. Die projek herinner aan ’n Jurassic Park-eksperiment, het een van die groepe aan CNN verklaar.

Dis groepe is bekommerd oor die vernietiging van ekostelsels en dat sogenaamde hibriede muskiete kan ontstaan wat weerstandig is teen insekdoders.

Die maatskappy wat die muskiete teen aanstaande jaar gaan vrylaat, wys daarop dat daar verskeie studies is wat meen die projek is veilig.

Hoe dit gaan werk

Die mannetjies van die Aedes aegypti-muskiet, ’n indringer in Florida, is aangepas om ’n sekere proteïen te dra wat enige wyfie-nakomelinge sal laat uitsterf, berig die BBC.

Die mannetjies voed net op nektar en hou nie ’n gevaar in vir mense nie.

Die wetenskaplikes, verbonde aan die maatskappy Oxitec, het aan AP gesê hulle het al oor ’n tydperk van ’n paar jaar miljarde sulke muskiete vrygelaat in studies wat in onder meer Brasilië gedoen is en dat dié projek geen gevaar vir mense of die omgewing inhou nie. - Reuters


Meer oor:  Muskiete  |  Zika-Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.