Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Minder ouer wit mans in Kiwi-parlement

Nieu-Seeland se volgende parlement sal die inklusiefste tot dusver wees, met verskeie lede van kleur, uit die LGBTQi+-gemeenskap en ’n groot aantal vroue.

In die pasafgelope verkiesing het kiesers aan die regerende Arbeidersparty ’n klinkklare mandaat gegee uit erkenning vir die daadwerklike manier waarop Jacinda Ardern, premier, die Covid-19-pandemie hanteer het.

Hoewel Ardern ’n volstrekte meerderheid behaal het, is sy in samesprekings met ’n voormalige bondgenoot, die Groen Party, om ’n breër konsensus te bou.

Die Arbeidersparty het 64 van die 120 parlementêre setels gewen en meer as die helfte van hulle is vrouekandidate.

Jacinda Ardern (links), Nieu-Seeland se premier, vergader met Megan Woods, minister van energiesake, en Grant Robertson, minister van finansies, op die dag ná haar party se wegholoorwinning in die algemene verkiesing. Foto: Reuters

Daar is ook 16 Maori-LP’s, Ibrahim Omar, die eerste leier van Afrika-oorsprong, en Vanushi Walters, wie se herkoms Sri Lankaans is. “Dit is die mees diverse parlement wat ons al gehad het wat betref geslag en etniese en inheemse verteenwoordiging,” het prof. Paul Spoonley, ’n sosioloog van die Massey-Universiteit, gesê.

Dit sal na verwagting ook die verteenwoordigendste parlementêre stelsel ter wêreld wees wat betref seksuele oriëntasie, met sowat 10% van die LP’s wat gay, biseksueel of transgender is. Dit sluit prominente leiers soos Grant Robertson, minister van finansies, in.

Die Groen Party het ’n verrassende tien setels verower, van wie die meeste vroue, inheemse leiers of lede van die LGBTQi+-gemeenskap is.

Die meeste nuwe LP’s is ook veel jonger as voorheen en baie van hulle is sogenaamde millenniërs, het Spoonley gesê.

“Wat ons sien, is ’n skuif weg van ouer, wit, manlike LP’s, van wie sommige al vir meer as 30 jaar in die parlement was.”

Ardern het self in 2017 opspraak verwek toe sy op 37 jaar die jongste vrouestaatshoof ter wêreld geword het.

Sy word wêreldwyd aangeskryf as ’n progressiewe leier en ’n kampvegter vir vroueregte, gelykheid en inklusiwiteit. – Reuters

Meer oor:  Jacinda Ardern  |  Nieu-Seeland  |  Parlement
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.