Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
'Minder sterftes as Trump pandemie reg hanteer het'

Die Covid-19-dodetal in Amerika kon aansienlik laer gewees het indien die Trump-administrasie meer doeltreffend ingegryp het.

So sê dr. Deborah Birx, wat onder pres. Donald Trump die koördineerder van die Covid-19-taakspan van die Withuis was.

In ’n onderhoud met die Amerikaanse TV-nuuskanaal CNN waarvan brokkies uitgereik is voordat die onderhoud later Sondag uitgesaai is, sê Birx die regering het aan die begin van die pandemie gesukkel. Dit kan moontlik as “verskoning” vir die sterftes dien.

Dr. Deborah Birx het die Trump-administrasie se hantering van die Covid-19-pandemie gekritiseer. Foto: Reuters

“Daar was ongeveer 100 000 sterftes in die oorspronklike styging. Die sterftesyfer kon soveel laer gewees het,” sê sy.

Volgens ’n Reuters-telling is meer as 542 000 mense in Amerika aan Covid-19 dood, met byna 30 miljoen mense wat positief vir die virus getoets is.

Trump het aan die begin van die uitbreking die virus te laag aangeslaan, terwyl hy ook ingrypingspogings en inperkingsregulasies, wat ingestel is om die verspreiding van die virus te voorkom, gekritiseer het. Hy het herhaaldelik afgewyk van riglyne rakende die dra van ’n masker, wat volgens gesondheidskenners die verspreiding van die siekte voorkom.

Birx, wat intussen die regering verlaat het, sê in die onderhoud sy het ’n “baie ongemaklike” oproep van Trump ontvang nadat sy gedurende ’n onderhoud met CNN in Augustus verduidelik het hoe wydverspreid die virus is en aan mense wat in landelike gebiede woon, gesê het hulle is nie immuun nie.

Oudpres. Donald Trump van Amerika. Foto: Reuters

Trump, wat ook positief getoets is en herstel het, was in Oktober met sy herverkiesingsveldtog besig.

“Almal in die Withuis was omgekrap oor daardie onderhoud en die duidelikheid wat ek oor die epidemie gegee het,” sê Birx.

“Ek het ’n oproep van die president ontvang. Dit was baie ongemaklik, baie direk en baie moeilik om aan te hoor.”

Birx is met tye gekritiseer omdat sy nie sterk teen Trump se misleidende inligting oor die pandemie opgetree het nie. Sy het ook niks gesê toe Trump voorgestel het Amerikaners kan bleikmiddel gebruik om die virus dood te maak nie.

Ondanks waarskuwings van die openbare gesondheidsriglyne teen groot byeenkomste, het Trump in die laaste paar maande van sy presidentsverkiesingsveldtog groot saamtrekke gehou. Hy het die presidentsverkiesing verloor teen pres. Joe Biden, wat grootliks sy veldtog gegrond het op ’n belofte om die pandemie ernstiger as sy teenstander te hanteer.

In die laaste maande van die Trump-administrasie is Birx opsygeskuif en die Withuis se inligtingsessies oor die pandemie is grotendeels gestaak. Sy is nie ’n posisie in die Withuis saam met Biden aangebied nie en werk tans in die private sektor. – Reuters

Meer oor:  Donald Trump  |  Vsa  |  Amerika  |  Sterftes  |  Covid-19  |  Infeksies  |  Korona
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.