Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Minister kap Trump oor hy hom ‘boelie’

Pres. Donald Trump van Amerika sal hom nie boelie nie, het William Barr, die land se minister van justisie, Donderdag gesê.

Trump het aanvalle en kritiek getwiet op die saak waarin sy ou vriend, Withuis-assistent en selferkende konkelaar Roger Stone skuldig bevind is, veral op sy voorgestelde tronkstraf.

“Hierdie kritiek van Trump maak dit vir my onmoontlik om my werk te doen,” het Barr aan ABC News gesê.

Die aanklaers in die Stone-saak het gevra dat hy tot tussen sewe en nege jaar tronkstraf gevonnis moet word. Die departement het die aanklaers se vonnisvoorstel van die hand gewys op dieselfde dag dat Trump ’n ontstelde twiet daaroor uitgestuur het.

Al vier aanklaers het bedank.

William Barr, Amerika se minister van justisie. Die foto is op 10 Februarie geneem. Foto: AP
’n Argieffoto van November verlede jaar van Roger Stone voor die hof in Washington. Foto: AP

Trump het die res van die week so op Twitter tekere gegaan dat dit kommer gewek het dat hy by die departement se werk inmeng.

Barr het gesê: “Ek kan nie my werk doen met die aanhoudende agtergrond-kommentaar wat my ondergrawe nie. Ek dink dis tyd om op te hou met die twiets oor die departement van justisie se sake.”

Barr is al dikwels beskuldig dat hy erg partydig vir Trump is.

Hy het Donderdag ondersteuning uit sy eie Republikeinse Party gekry. Sen. Mitch McConnell, leier in die senaat en stoere Trump-ondersteuner, het gesê as Barr sê die twiets verhinder hom om sy werk te doen, “moet die president miskien na die minister luister”.

Stone is skuldig bevind op sewe aanklagte dat hy vir die kongres gelieg het, die reg verydel het en met getuies gekonkel het, alles tot voordeel van Trump.

Seth Cousins, een van die jurielede in Stone se saak, het gesê Trump se twiets het hom met afgryse vervul. “Dit voel of iets afgrysliks aan die gang is. Ek dink dit is skrikwekkend dat die president van Amerika patriotiese burgers wat hul plig doen, aanval.”

Trump het die voorgestelde straf vir sy dekades lange vriend, Stone, as “verskriklik” en as ’n “regsdwaling” beskryf.

Een van Trump se regsverteenwoordigers het gesê hulle hou al die jurielede se kommentaar op sosiale media dop.

Nancy Pelosi, speaker van die huis van verteenwoordigers en die persoon wat die president amptelik in ’n staat van beskuldiging geplaas het, het Trump se twiets oor Stone as “misbruik van mag” beskryf.

“Die president probeer weer om federale regspleging te manipuleer tot voordeel van sy eie politieke belange. Dit is nie waaroor dit in Amerika gaan nie. Dit is so verkeerd.”Reuters

Meer oor:  Roger Stone  |  Donald Trump  |  William Barr
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.