Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Minneapolis brand: Weermag ontplooi

8:11

8:01

George Floyd, wat dood is nadat hy in hegtenis geneem is, en Derick Chauvin, die polisieman wat met sy knie op Floyd se nek gedruk het, het mekaar vooraf geken, het 'n amptenaar van die stad Minneapolis bevestig.

7:22

Die goewerneur van die deelstaat Minnesota het Donderdag die nasionale garde ingeroep om die polisie by te staan om wet en orde te herstel in die stad Minneapolis.

Daar is grootskaalse gewelddadige betogings ná die dood van 'n swart man George Floyd (46) Maandagaand nadat hy deur die polisie in hegtenis geneem is.

'n Video van die voorval wys hoe 'n wit polisieman met sy knie op Floyd se nek druk waar Floyd in die pad lê, terwyl Floyd herhaaldelik sê hy kan nie asem kry nie.

Nadat hy sy bewussyn verloor het, is hy per ambulans hospitaal toe geneem waar hy dood is.

Die vier polisiemanne wat by die voorval betrokke was, is die volgende dag afgedank.

Pres. Donald Trump het 'n kort ruk gelede in 'n twiet gedreig hy sal seker maak dat die nasionale garde ingryp.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.