Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Minstens 20 dood, 30 beseer ná bom in Somalië ontplof
Mense help ’n beseerde man ná ’n motorbomontploffing in Mogadisjoe. Foto: Reuters

’n Selfdood-motorbomontploffing Vrydagaand in die Somaliese hoofstad Mogadisjoe het die lewe van minstens 20 mense geëis en meer as 30 mense beseer.

Die bomontploffing was reg voor ’n restaurant naby die hawe in die stad.

Kapt. Aden Osman, ’n senior polisiebeampte van die stad, het aan CNN gesê dit het omstreeks 20:00 (plaaslike tyd) gebeur toe die motor, wat vol plofstof gepak was, by die Luul Yemeni-restaurant se hek ontplof het.

Geweerskote is ná die ontploffing afgevuur. Dit is die tweede aanval op dieselfde restaurant sedert Augustus verlede jaar.

Die Islamitiese groep Al-Shabaab het Saterdag verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar. Hulle is bekend daarvoor dat hulle in dié wêreldstreek aktief is om plaaslike regerings omver te werp om Sjaria-wetgewing in plek te stel. – Reuters, CNN

Meer oor:  Somalië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.