Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Minstens 23 dood, 16 vermis ná tifoon Japan tref
Die puin in Tsjiba in Japan Sondag waar reddingswerkers opruimingswerk doen. ’n Tornado het dié plek getref kort voordat die tifoon Hagibis toegeslaan het. Foto: Getty

Japan het Sondag duisende soldate en reddingswerkers gestuur om gestrande inwoners te red nadat die tifoon Hagibis reeds die lewe van minstens 23 mense geëis het.

Dié tifoon is een van die ergstes wat dié land in die onlangse verlede getref het.

Nóg 16 mense word vermis terwyl laagliggende dele in die sentrale en noordelike dele van Japan onder water is. 166 mense is tot dusver beseer en byna ’n halfmiljoen huise is sonder elektrisiteit.

Sowat 27 000 reddingswerkers is tans aan diens en militêre helikopters help om mense van huise se dakke te red.

Daar is gerugte dat onreëlmatige lesings by die Dai­itsji-kernkragstasie in Foekoesjima in die noorde van die land aangeteken word. Die kernkragstasie is in 2011 ook deur ’n aardbewing beskadig.

Ná die oorstromings is daar nou 11 lekplekke by die kernkragstasie. Dit is nog nie bevestig of radio-aktiewe water in die see loop nie.

Intussen is lughawens weer vir vlugte oopgestel, maar meer as 800 vlugte was afgestel.

Winkels in die Kanto-omgewing naby Tokio is ook weer oop en treine loop weer nadat die owerhede die groen lig gegee het. Hulle waarsku egter steeds oor riviere wat kan oorstroom in die ooste van die land, wat weer tot nuwe skade sal lei.

’n Man soek tussen oorblyfsels nadat die gebied verwoes is deur ’n tornado net voordat die supertifoon toegeslaan het. Foto: Getty

Sjinzo Abe, premier, het ’n noodvergadering belê en het ’n minister na die geteisterde gebiede gestuur.

Hy het sy meegevoel met die families van die oorledenes uitgespreek.

Hy het ook die publiek gerusgestel dat die owerhede daaraan werk om sowel krag- en watertoevoer as die openbare vervoer so gou as moontlik te herstel. Mense is gevra om waaksaam te wees omdat grondstortings en ander probleme steeds kan voorkom.

Die tifoon het Japan Saterdagaand getref en het teen Sondagoggend verbygetrek. Hoë temperature word aangeteken.

* Twee rugbywedstryde in die Wêreldbeker-toernooi is Saterdag afgelas en die wedstryd tussen Namibië en Kanada wat Sondag gespeel sou word, is ook van die baan. Die wedstryd tussen Japan en Skotland het egter voortgegaan.

Organiseerders van die Formule Een Grand Prix moes ook oefeninge en die kwalifiserende sessie vir Saterdag afstel, maar die resies het Sondag voortgegaan.

– Reuters

Oorblyfsels van geboue wat deur ’n tornado verwoes is. Foto: Getty
Reddingswerkers op die Tamagawa-rivier, wat sy walle oorstroom het. Foto: Getty
Nóg puin nadat die tifoon Hagibis verwoesting gesaai het in Kawasaki in Japan. Foto: Getty

Meer oor:  Japan  |  Tifoon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.