Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Minstens 3 000 klaskamers deur Idai beskadig

Honderdduisende kinders in Mosambiek se onderrig is ontwrig nadat hul klaskamers in Maart deur die verwoestende sikloon Idai beskadig is.

Die Verenigde Nasies (VN) se kinderfonds berig grootskaalse skade is aangerig aan meer as 3 400 klaskamers en sowat 300 000 leerlinge word hierdeur geraak.

In die Sofala-streek is meer as 2 700 skole beskadig.

Ander streke gebruik nog klaskamers om daklose mense tydelik te huisves nadat hulle alles in die sikloon verloor het.

Die VN het ’n beroep op Mosambiekse owerhede gedoen om dringend aandag aan die probleem te gee.

Hulle vra ook dat ander humanitêre organisasies help met die oprigting van tydelike klaskamers om kinders so vinnig moontlik terug agter die boeke te kry.

Mosambiek gaan reeds gebuk onder ’n lae slaagsyfer, sê die VN.

Hierdie syfers kan nog verder verhoog as gesinne genoodsaak word om hul inkomste aan te vul en hulle kinders te stuur om te gaan werk.

idai
Dolis Samual by sy beskadigde skool in die nadraai van die sikloon Idai in Nhampuepua, naby Beira. Foto: Reuters
Hawelose mense vind skuiling in die Escola Primaria Completa Agostinho Neto-skool in Beira, Mosambiek. Foto: Felix Dlangamandla

“Enige langdurige onderbreking in die onderrig van ’n kind kan ’n geweldig nadelige invloed hê. Onderwys is nie net belangrik om kinders te help ontwikkel op lang termyn nie, maar help ook om hul lewe ’n gevoel van normaliteit te gee ná ’n traumatiese gebeurtenis, soos ’n sikloon,” sê die VN.

Die VN vra ook dat onderwysers hulp moet kry om hul lewe te help herbou ná die vloede.

* Die Wêreldbank beraam die sikloon Idai – wat oorstromings in Mosambiek, Malawi en Zimbabwe veroorsaak het – sal die betrokke lande meer as $2 miljard (bykans R28 miljard) uit die sak jaag.

Vroeër is daar berig die Wêreldbank sê die sikloon het meer as drie miljoen mense se lewe ontwrig.

In Mosambiek, waar die grootste verwoesting, onder meer grondverskuiwings, veroorsaak is, is tot sowat $773 miljoen (bykans R11 miljard) se skade aangerig.

Meer oor:  Verenigde Nasies (Vn)  |  Mosambiek  |  Storm  |  Oorstromings  |  Idai  |  Skole  |  Sikloon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.