Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Minstens 47 dood in ontploffing in China

Minstens 47 mense in is China dood nadat daar 'n chemiese ontploffing by 'n fabriek in die ooste van die land was.  

Sowat 90 mense is ernstig beseer.

Dié ontploffing het Donderdag plaasgevind nadat daar aanvanklik 'n brand by 'n fabriek was wat kunsmis vervaardig. Die brand is eers Vrydag onder beheer gebring.

china
Die ontploffing in China. Foto: Reuters

Minstens 640 mense is beseer en na 16 hospitale vir behandeling geneem.

Die brand by die fabriek het glo na nabygeleë geboue versprei wat ook 'n kleuterskool insluit. Talle kinders is ook in die ontploffing beseer.

china
Reddingwerkers is op die toneel om 'n brand in China te blus nadat daar 'n brand en ontploffing by 'n fabriek was. Foto: Reuters

* In 'n onverwante voorval is minstens ses mense Vrydag dood en sewe beseer nadat 'n man met sy motor in 'n skare mense in die Hubei-provinsie ingeploeg het.

Die polisie het die bestuurder op die toneel doodgeskiet, berig, Channel News Asia. – Reuters

Meer oor:  China  |  Brand  |  Fabriek  |  Ontploffing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.